Twaalf dae in die boendoes saam met twaalf vriende,
so het die Landy ook homself bewys deur Botswana se stofpaaie.
Dag 1: Lekhubu
Island
Dag 2: Baines Boabab
Dag 3 & 4: Xakanaxa
Dag 5: Northgate
Dag 6 & 7: Savuti
Dag 8: Ihaha
Dag 9 & 10: Kazuma
Dag 11: Khama Rhino Sanctuary
Dag 12: Die langpad huis toe.
Elke oggend word ons gegroet deur die son wat sy
kop uitsteek oor die horizon, al is dit nou oor die panne van oneindigende wit
in Lekbhubu Island, die massiewe Boababs wat oor ons wag staan in Baines se mooi
kamp geriewe of die trop Buffels wat staan en wei naby ‘n trop lui Leeus in die
morasse by Ihaha…so groet ons elke oggend met ‘n warm koppie koffie, ‘n
voorbereiding vir die oppak en die langpad wat voor le vir die dag. In die begin was die oppak nog bietjie vreemd
en deurmekaar, maar dit het ons klomp nie lank gevat om hierdie roetine te volmaak
nie.
Nie lank in die kar nie, dan verdwyn die koue en
word ons oorval met hitte…soms tot 40˚ in
die middae…dan is dit mos ‘n goeie rede om ‘n yskoue bier in die hand te
he.
Gelukkig is die pad nie te lank nie, jou tyd word
meestal opgevat deur wild soek – dis mos die grootste konsentrasie roofdiere in
die wêreld…wel
so se “hulle”. Ons was gelukkig genoeg om
vier van die “Groot vyf” raak te loop…wel met ‘n populasie van ongeveer 120 000
Olifante is jy gewaarborg om verveeld te raak met die reuse dier. Die “A”-span (of so het ons
onself bekroon) was ook baie trots om te kan sê dat ons ‘n hele trop lui Leeus raak geloop het
tussen ‘n trop Buffels in Ihaha – wel todat die “aasvoëls” of te wel toeriste dit ook ondek het en alles bederf
het met hulle karre. Die enigste
ongelukkie wat ons gehad het met die soektog was vir die Luiperd, dis nogals
frustrerend om te hoor as ander toeriste heel opgewonde vertel hoe hul twee
Luiperde vir die dag gesien het.
Die
afsluit van elke dag was om die kamp vuur…niks so lekker soos ‘n glasie wyn en
goeie geselskap, afgerond met die agtergrond musiek van die natuur nie en as jy
opkyk glinster die sterre oor ons. So bespreek
ons die dag se gebeure en keer dan bed toe, in die begin was dit laat nagte
maar hoe dieper ons in die vakansie ingegaan het, het die aand se gekuier
vroeer en vroeer begin eindig en aande het kouer en kouer geword.
Vir
helfde van ons geselskap was Camp Kazuma (http://www.namibweb.com/campkazuma.htm) die laaste stop, ‘n aangename verandering van die
gewone koue storte en tent met sand af na vyf ster akkomodasie met warm storte,
vere duvets en ‘n drie gang maaltyd.
Hier besluit ons om ‘n “fines meeting” te hou…’n verassingtjie vir elk,
‘n glas Jagermeister of Sours vir jou blabse en die bespreking van opwindende
gebeure in ons vakansie, wat stadig maar seker tot ‘n einde kom.
Ons
is drie karre wat oorbly, oppad na ons eindbestemming Khama Rhino Sanctuary (http://www.khamarhinosanctuary.com/). Die pad is
lank en vervelig maar als die moeite werd want hier eindig ons in ‘n park wat
die beskerming van die Renoster ernstig opvat.
Goeie werk!!!
‘n
Totaal van 3294.80km’s in 12 dae…nou terug na realiteite en die dorre paaie van
Pretoria! Maar moenie te teleurgesteld wees nie, want die volgende roete word
reeds beplan en nog ‘n opwindende vakansie om na uit te sien!!! J
Lunch tyd oppad na Lekhubu Island
Danie & Bella
Kubu Island Kamp Plek
Henno & Liezel
Showers by Baines Boabab
Christo & Elmien besig met aandete by Baines Boabab
Vroeg-vroeg vir sonsopkoms op die panne
Lunch tyd oppad Northgate toe
Gweta
Baine Boabab Camp Plek
Lunch Tussen Xakanaxa en 3rd Bridge
3rd Bridge
Leeu Spoor
Toets die water
Magtak maar die drink is nou lekker!
Zella & Orries
Darius & Terina
Elmien & Zella
Sunset cruise Xakanaxa
Rudi & Lindi
Lunch tussen Xakanaxa en North Gate
North Gate
Die Gevreesde water crossing naby Khwai village.
Gelukkig was die water nie baie hoo gnie
Gelukkig was die water nie baie hoo gnie
Lunch oppad Savuti toe. Op die Khwai Rivier
Beplannings sessie
Henno se battery het besluit om op te pak.
Savuti Marshes
Sun Downers naby die Savuti Kamp
Oppad iHAHA toe
Aan die ander kant van die Chobe rivier
is die Caprivi in namibie.
Lunch oppad iHAHA toe
Dooie Kameelperd langs die pad
Lunch tyd by Chobe Safari Lodge
Camp Kazuma
Rhino Sanctuary Kamp die laaste aand
Oppad huis toe
Dis hoe die Landy gelyk het na ons deur Botswana is
3294km in 2 weke.
Ons roete
No comments:
Post a Comment