Tuesday 14 August 2012

Botswana -> 2012-08-12



Twaalf dae in die boendoes saam met twaalf vriende, so het die Landy ook homself bewys deur Botswana se stofpaaie.

Dag 1:  Lekhubu Island
Dag 2: Baines Boabab
Dag 3 & 4: Xakanaxa
Dag 5: Northgate
Dag 6 & 7: Savuti
Dag 8: Ihaha
Dag 9 & 10: Kazuma
Dag 11: Khama Rhino Sanctuary
Dag 12: Die langpad huis toe.

Elke oggend word ons gegroet deur die son wat sy kop uitsteek oor die horizon, al is dit nou oor die panne van oneindigende wit in Lekbhubu Island, die massiewe Boababs wat oor ons wag staan in Baines se mooi kamp geriewe of die trop Buffels wat staan en wei naby ‘n trop lui Leeus in die morasse by Ihaha…so groet ons elke oggend met ‘n warm koppie koffie, ‘n voorbereiding vir die oppak en die langpad wat voor le vir die dag.  In die begin was die oppak nog bietjie vreemd en deurmekaar, maar dit het ons klomp nie lank gevat om hierdie roetine te volmaak nie.

Nie lank in die kar nie, dan verdwyn die koue en word ons oorval met hitte…soms tot 40˚ in die middae…dan is dit mos ‘n goeie rede om ‘n yskoue bier in die hand te he. 

Gelukkig is die pad nie te lank nie, jou tyd word meestal opgevat deur wild soek – dis mos die grootste konsentrasie roofdiere in die wêreld…wel so se “hulle”.  Ons was gelukkig genoeg om vier van die “Groot vyf” raak te loop…wel met ‘n populasie van ongeveer 120 000 Olifante is jy gewaarborg om verveeld te raak met die reuse dier.  Die “A”-span (of so het ons onself bekroon) was ook baie trots om te kan sê dat ons ‘n hele trop lui Leeus raak geloop het tussen ‘n trop Buffels in Ihaha – wel todat die “aasvoëls” of te wel toeriste dit ook ondek het en alles bederf het met hulle karre.  Die enigste ongelukkie wat ons gehad het met die soektog was vir die Luiperd, dis nogals frustrerend om te hoor as ander toeriste heel opgewonde vertel hoe hul twee Luiperde vir die dag gesien het.

Die afsluit van elke dag was om die kamp vuur…niks so lekker soos ‘n glasie wyn en goeie geselskap, afgerond met die agtergrond musiek van die natuur nie en as jy opkyk glinster die sterre oor ons.  So bespreek ons die dag se gebeure en keer dan bed toe, in die begin was dit laat nagte maar hoe dieper ons in die vakansie ingegaan het, het die aand se gekuier vroeer en vroeer begin eindig en aande het kouer en kouer geword.

Vir helfde van ons geselskap was Camp Kazuma (http://www.namibweb.com/campkazuma.htm) die laaste stop, ‘n aangename verandering van die gewone koue storte en tent met sand af na vyf ster akkomodasie met warm storte, vere duvets en ‘n drie gang maaltyd.  Hier besluit ons om ‘n “fines meeting” te hou…’n verassingtjie vir elk, ‘n glas Jagermeister of Sours vir jou blabse en die bespreking van opwindende gebeure in ons vakansie, wat stadig maar seker tot ‘n einde kom.

Ons is drie karre wat oorbly, oppad na ons eindbestemming Khama Rhino Sanctuary (http://www.khamarhinosanctuary.com/).  Die pad is lank en vervelig maar als die moeite werd want hier eindig ons in ‘n park wat die beskerming van die Renoster ernstig opvat.  Goeie werk!!!

‘n Totaal van 3294.80km’s in 12 dae…nou terug na realiteite en die dorre paaie van Pretoria! Maar moenie te teleurgesteld wees nie, want die volgende roete word reeds beplan en nog ‘n opwindende vakansie om na uit te sien!!! J 


Lunch tyd oppad na Lekhubu Island











Danie & Bella







Kubu Island Kamp Plek










Henno & Liezel 








Showers by Baines Boabab


Christo & Elmien besig met aandete by Baines Boabab

Vroeg-vroeg vir sonsopkoms op die panne



Lunch tyd oppad Northgate toe











Gweta


Baine Boabab Camp Plek









Lunch Tussen Xakanaxa en 3rd Bridge




3rd Bridge

Leeu Spoor

Toets die water

Magtak maar die drink is nou lekker!





Zella & Orries



Darius & Terina


Elmien & Zella



Sunset cruise Xakanaxa

Rudi & Lindi



Lunch tussen Xakanaxa en North Gate





North Gate

Die Gevreesde water crossing naby Khwai village.
Gelukkig was die water nie baie hoo gnie









Lunch oppad Savuti toe. Op die Khwai Rivier

Beplannings sessie






Henno se battery het besluit om op te pak.











Savuti Marshes







Sun Downers naby die Savuti Kamp







Oppad iHAHA toe



Aan die ander kant van die Chobe rivier 
is die Caprivi in namibie.





Lunch oppad iHAHA toe






Dooie Kameelperd langs die pad












Lunch tyd by Chobe Safari Lodge















Camp Kazuma




Rhino Sanctuary Kamp die laaste aand

Oppad huis toe

Dis hoe die Landy gelyk het na ons deur Botswana is

3294km in 2 weke.

Ons roete







Posted by Picasa